Klaus Fuchs

Klaus Fuchs
Polisiefoto geneem 1940
Gebore
Klaus Emil Julius Fuchs

(1911-12-29)29 Desember 1911
Rüsselsheim, Duitse Ryk
Sterf28 Januarie 1988 (op 76)
NasionaliteitFlag of the German Democratic Republic Oos-Duitsland
Alma materUniversiteit van Leipzig
Universiteit van Kiel
Universiteit van Bristol
Universiteit van Edinburgh
BeroepWetenskaplike, spioen
Ouer(s)Emil Fuchs en Else Wagner

Klaus Emil Julius Fuchs (29 Desember 1911 - 28 Januarie 1988) was 'n Duitse teoretiese fisikus en atoomspioen wat inligting van die Amerikaanse, Britse en Kanadese Manhattan-projek tydens en kort na die Tweede Wêreldoorlog aan die Sowjetunie verskaf het. Terwyl hy in die Los Alamos Nasionale Laboratorium was, was Fuchs verantwoordelik vir baie belangrike teoretiese berekeninge rakende die eerste kernwapens en later vroeë modelle van die waterstofbom. Na sy skuldigbevinding in 1950 dien hy nege jaar gevangenisstraf in die Verenigde Koninkryk en verhuis daarna na Oos-Duitsland waar hy sy loopbaan as fisikus en wetenskaplike leier hervat.

Die seun van 'n Lutherse predikant, Fuchs, het aan die Universiteit van Leipzig gestudeer, waar sy vader 'n professor in teologie was, en betrokke geraak by studentepolitiek, en by die studentetak van die Sosiaal-Demokratiese Party van Duitsland (SPD) en die Reichsbanner Schwarz-Rot-Gold- aangesluit, die SPD se paramilitêre organisasie. Hy is in 1932 uit die SPD geskors en het by die Kommunistiese Party van Duitsland (KPD) aangesluit. Hy het weggekruip na die Reichstag-brand in 1933 en gevlug na die Verenigde Koninkryk, waar hy sy doktorsgraad aan die Universiteit van Bristol onder toesig van Nevill Mott ontvang het, en sy DSc aan die Universiteit van Edinburgh, waar hy as assistent vir Max Born, gewerk het.

Nadat die Tweede Wêreldoorlog in Europa uitgebreek het, is hy in die Isle of Man en later in Kanada geïnterneer. Nadat hy in 1941 na Brittanje teruggekeer het, word hy 'n assistent van Rudolf Peierls en werk by die 'Tube Alloys' - die Britse atoombomprojek. Hy begin inligting oor die projek aan die Sowjetunie deurgee deur Ursula Kuczynski, met die kodenaam "Sonya", 'n Duitse kommunis en 'n majoor in die Sowjet-militêre intelligensie wat saam met Richard Sorge se spioenasiering in die Verre Ooste gewerk het. In 1943 is Fuchs en Peierls na die Columbia Universiteit, in New York Stad, om by die Manhattan-projek te werk. In Augustus 1944 het Fuchs by die Los Alamos-laboratorium aangesluit by die Afdeling Teoretiese Fisika, onder Hans Bethe. Sy vernaamste kundigheidsgebied was die probleem van inploffing wat nodig was vir die ontwikkeling van die plutoniumbom. Na die oorlog keer hy terug na die Verenigde Koninkryk en werk hy by die Atomic Energy Research Establishment in Harwell as hoof van die Afdeling Teoretiese Fisika.

In Januarie 1950 het Fuchs erken dat hy 'n spioen was. 'n Britse hof het hom tot veertien jaar gevangenisstraf gevonnis en van sy Britse burgerskap gestroop. Hy is in 1959 vrygelaat, nadat hy nege jaar gedien het, en het na die Duitse Demokratiese Republiek (Oos-Duitsland) geëmigreer, waar hy tot die Akademie van Wetenskappe verkies is en 'n lid van die Sentrale Komitee van die Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland (SED) geword het. Hy is later aangestel as adjunkdirekteur van die Instituut vir Kernnavorsing in Rossendorf, waar hy gedien het totdat hy in 1979 afgetree het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search